Twee selfmoord gevalle in Bloemfontein


Hoërskool Bloemfontein se leerlinge en onderwysers is in rou nadat een van sy top leerlinge homself in ’n pakhuis by sy ouerhuis in Roodewal gehang het.

Manuel da Ressurreicao (17), ’n matriekleerling, is een van twee Bloemfonteiners wat die naweek sy eie lewe geneem het.

Louis Dowd (26), ’n loodgieter van Bainsvlei, het homself verlede Sondagaand opgehang in ’n kothuis wat hy gehuur het.

Bloemfonteiners betreur die twee voorvalle van twee jongmense wat gewild en bemind was onder vriende en familie.