Twee ministers bitterbek met mekaar


’n Engelse Sondagkoerant berig dat die Minister van Waterwese, Edna Molewa en Minister Lindiwe Sisulu van Staatsdiens en Administrasie nou baie vies is vir mekaar en mekaar nie wil groet nie.

Dit spruit glo uit ’n amptelike ondersoek wat gelas is nadat dié twee stry gekry het oor ’n tender wat blykbaar meer as R400 miljoen beloop.

Die reuse tender is glo vir departementele inligtingstegnologie in Molewa se departement.

Dit blyk dat Sisulu se departement maande lank gesloer het met die hernuwing van die kontrak en wou blykbaar die kontrak aan ’n veel duurder diensverskaffer toewys.

In die wete dat die kontrak byna verstryk het, het Molewa die kontrak toe sommer self hernu, word berig.

Dit het gelei tot ’n reuse geveg tussen die twee ministers.

Foto – Molewa