Twee deur trein raak gery


Een man is dood en ‘n ander een beseer toe ‘n trein beide in Durban getref het, het paramedici gesê.

’n Woordvoerder van ER24 sê die twee mans het langs die spoorlyn gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het.
Hulle het blykbaar op die treinspoor gestap toe hulle getref is.

Een van hulle is op die toneel dood, terwyl die beseerde pasiënt na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

Paramedici het later opgemerk dat die mans waarskynlik besope was en daarom nie die aankomende trein gehoor het nie.