Tuisskoolkinders op twaalfjarige ouderdom na Universiteit.


‘n Familie met tien kinders stuur hulle kinders op twaalfjarige ouderdom universiteit toe, maar die ma sê hulle is net doodgewone mense en nie genieë nie.

Mona Lisa en Kip Harding van Montgomery, Alabama onderrig hulle kinders self tuis. Vier van die 10 kinders wat op 12 by universiteite begin studeer het, het reeds gegradueer. Onder hulle is ‘n dokter, argitek, ruimtetuigontwerper en ‘n meestersgraadstudent. Die ander 2, onderskeidelik 12 en 14 jaar oud is steeds besig met hulle graadstudies.

Die ouers hou vol dat nie hulle of die kinders buitengewoon intelligent is nie, dat hulle doodgewone mense is wat slegs hulle kinders se natuurlike talente en belangstellings vertroetel het.

Hannah (24) was die eerste wat vir die universiteit se toelatingseksamen gegaan het. “Ek was 12 en het nie verwag om te slaag nie. Ek het net bly huil,” sê sy.

Maar sy het die eksamen geslaag en op 17 was sy die jongste kandidaat wat aan die Universiteit van Montgomery ‘n graad in wiskunde verwerf het. Sy het verder studeer en ‘n meestersgraad in wiskunde en meganiese inginieurswerke verwerf. Op 22 het sy ruimtetuie begin ontwerp.

Aangespoor deur die oudste suster se sukses, het die res van die span haar sukses nagevolg. Seth (12) het onlangs met klasse aan die Faulkner Universiteit begin. Reeds op 7 het hy gesê dat hy ‘n militêre argeoloog wil word.

Heath (16) was op 15 die jongste graduant van Huntington Universiteit. Hy studeer tans verder aan sy meestersgraad in rekenaarwetenskap wat hy na verwagting voor sy 17de verjaarsdag sal kry.

Die 14-jarige Keith het ‘n passie vir musiek en studeer eindige wiskunde. Sy ambisieuse jonger suster (10) beplan om volgende jaar universiteit toe te gaan.

Tog ontken die moeder Mona Lisa dat haar kinders uitsonderlik begaafd is. Sy was ‘n verpleegster gewees voordat sy besluit het om by die huis te bly en self die kinders te onderrig. “Ek is nie briljant nie,” sê sy.

Die vader Kim, ‘n helikopter vlieënier beaam wat sy sê. Volgens hom is hy en sy gesin doodgewone mense met ‘n gemiddelde intelligensie.

Ook die kinders ontken dat hulle geniaal is, ‘n stelling wat deur Seth se professor bevraagteken word aangesien hy op 12 die hoogste gemiddeld in die klas handhaaf. Maar hulle gee al die krediet aan hulle ouers se tuisskoolvaardighede waar daar ‘n gekonsentreerde fokus op hulle passies was wat van jongs ontgin is.