Toerisme ophef nie geregverdig


Die mooi prentjie wat geskilder word van die toerismebedryf in Suid-Afrika bevat meer donker kleure as wat voorgegee word. Zuma ia baie trots op sy departement wie se sukses met baie selektiewe statistieke bekendgemaak is. Eerstens kan verwag word dat meer toeriste die land sal besoek namate die wereld se ekonomiee herstel. Verder is omtrent ‘n derde van die besoekers uit Afrika afkomstig en nog ‘n goeie deel uit Sjina en Indie.

Is dit werklik die mense wat ons wil lok na die land?

Die groot instroom van sogenaamde toeriste uit Afrika kan ook nie vergelyk met die getalle wat instroom sonder paspoort nie; mense wat geen bydra tot toerisme lewer nie en bloot stelsels lamlê is immers nie toeriste nie..

Die bande wat Suid Afrika het met die BRICS lande is kommerwekkend. Die ander lande in hierdie groepering dra die NSA tans en sal hul pond vleis op ander maniere eis.

Al die sukses word ook toegeskryf aan die kortbroek-verkleurmannetjie en sy departement, terwyl die privaatsektor waarskynlik meer bygedra het tot die ekonomie in toerisme en ook in werkskepping.

Die ANC ry graag op die rug van enige sukses, of hulle nou iets daarmee te doen het of nie!