Terroriste wond boer twee keer


’n Boer in die Vredefort distrik is in die vroeë oggendure deur terroriste in die hand en been geskiet tydens ’n terroristeaanval.

’n Polisiewoordvoerder het bevestig dat mnr. Dries Cox (60) en sy vrou Ansie (57) vroegoggend op die plaas Middelerf met vuurwapens aangehou en beroof is.

Dries is oorval na hy sy koeie gaan melk het en op pad terug was na die huis.

Hy en sy vrou is deur die twee swartes in die huis met vuurwapens aangehou..

‘n Struweling het tussen Dries en die rowers ontstaan en hy is in die hand en been gewond.

Die twee terroriste het gevlug met geld, juwele en selfone.

Mnr. Cox is ná die aanval inderhaas na die hospitaal geneem vir versorging van die wonde.