Terroriste vermoor jongman


In Bethal, Oos-Transvaal was ’n jong man, Adriaan Stander, (33) blykbaar besig om gras by die huis te sny toe hy deur terroriste oorval en vermoor is.
Die lewelose liggaam is later deur sy ma gevind. Dit wil voorkom asof Adriaan met ’n stomp voorwerp doodgeslaan is.
Sy ma, Magda, met wie hy ’n huis in Malherbestraat 15 gedeel het vertel dat sy hom gevind het met hande en voete wat vasgebind is.

Deur die loop van die oggend is hy blykbaar in die tuin oorval, die huis ingesleep en daar vermoor.

Toe hy die middag om 6 uur nie opdaag om sy ma by die werk op te laai nie, het iemand haar by die huis gaan aflaai.

Beserings aan sy hande dui daarop dat hy verbete teen sy moordenaars baklei het.

Die inwoners van Bethal is dit eens dat dit deel vorm van die volksmoord wat tans in Suid-Afrika aan die gang is.
’n Woordvoerder van Volksmoord-Projek2010 sê dit is ontstellend en kommerwekkend hoe die moorde in wreedheid toeneem terwyl die regering soos die graf swyg. Dit laat die indruk by blankes dat die regering dit stilweg goedkeur sonder om ’n vinger te verroer.
Toe ’n swarte deur ’n blanke vermoor is in Natal, het die regering meer as een verdoemende verklaring daaroor uitgereik, maar wanneer blankes deur swartes vermoor word, is dit maar net nog ’n gebeurtenis in hulle oë, het hy gesê.