Terroriste skiet voormalige rugbyspeler


Mnr. Johan Kemp, ’n voormalige Leeu-rugbyspeler is in sy huis in Fontainebleau, Randburg, doodgeskiet.

Volgens ’n polisiewoordvoerder het drie inbrekers Kemp vroegoggend in sy slaapkamer oorval en hom drie skote geskiet.

Johan Kemp het in 2002 vir die Leeus se Vodacombeker-span gespeel.

Kemp se vrou, Elaine, is glo ook deur die rowers gedreig.

Haar juwele, twee selfone en ’n skootrekenaar is gesteel.