Terroriste skiet man in sy slaapkamer


Vyf terroriste het gedurende die nag die diefwering voor ’n venster verwyder, die huis binne gegaan, die slapende egpaar deur die bene geskiet, daarna die ander kamer ingegaan en mnr. Francois Potgieter (59), die vader van die jong egpaar, in sy kamer doodgeskiet.

Mnr. Potgieter het waarskynlik sy vrou se lewe gered toe hy haar uit die pad gestamp het vlak voor die terroris geskiet het. In die proses is hy geskiet en is sekondes later dood.

Die egpaar, Ferdie en Jacolien Stapelberg se kinders het by hulle geslaap toe die terroriste hulle in die bene geskiet het.

Waarnemers het aan Die Vryburger gesê dat die volksmoord nou sodanige afmetings aanneem dat daar baie ernstig met buitelandse gesaghebbendes gepraat moet word.

Mnr. Henk van de Graaf, volksraadslid van die Boere-Afrikaner Volksraad was onlangs in die nuus met sy jongste besoek aan Europa in die verband.