Terroriste skiet man in restaurant


’n Groepie jongmense het die Oppi Plaas restaurant by Rustenburg besoek om ’n lafenis te geniet.

Mnr. Quintin Brits (31) het op ’n stadium verskoning gemaak om badkamer toe te gaan. Op daardie oomblik het twee terroriste by die deur ingestap. Ewe beskaafd vra die twee jongmense of hulle kan help, menende dit is dalk van die werkers by die restaurant, maar die twee stap agter mnr. Brits aan. Hulle het waarskynlik gedink dat hy iewers in die gebou vir hulp gaan roep.

Quintin se meisie, Angie van Rooyen, gaan toe agterna omdat sy die gevoel gekry het iets is verkeerd. Sy wou Quintin gaan waarsku maar was te laat. Die terroriste het hom in die kop geskiet.

Die terroriste het teruggekeer na die groepie jongmense, hulle beroof van selfone, beursies en het ook die kasregister se geld ge-eis. Die persoon agter die toonbank, wat die groepie bedien het, is met ’n vuurwapen teen die kop geslaan en rond gestamp.

Toe word die groepie m tweede keer deursoek en mnr. Elton van Wyk moes twee keer in die bek van ’n vuurwapen kyk. Hy is ook gedreig met woorde soos: Don’t try your tricks, I’ll kill you too”.

Mnr. Van Wyk vertel vêrder:

“Ons almal is beveel om op die grond te le. Ek het gaan le, maar met my kop half na die deur gedraai, maar dis toé dat ek ‘n hou met die skoen teen die kop kry om my kop ander kant toe te draai weg van die deur se kant af. Al wat ons gedoen het was bid en ons het mekaar net op ’n manier vasgevat en gebid.

Die twee terroriste is net so stil soos wat hulle daar aangekom het, weer weg.

Quintin se meisie het opgespring en na hom gehardloop, in die hoop dat hy nog leef. Sy selfoon was beskikbaar om die polisie te skakel.”

Van Wyk vertel ook hoe hy gesukkel het om met die polisie te kommunikeer aangesien dié nie behoorlik Engels of Afrikaans kan of wil praat nie.

Community Policing Forum was eerste op die toneel. Die polisie het met later daar opgedaag.

Van die 4 persone wat die aanval oorleef het is slegs van 2 persone verklarings geneem. Hulle sou die ander twee persone “later kontak” om verklarings te neem.

Mnr. Van Wyk vertel voorts dat hy later met ene Kaptein Mete per foon gepraat het wat bevestig het dat eenhede omtrent ’n uur later eers in kennis gestel is om na die moordtoneel te gaan.

Die twee terroriste kon, volgens mnr. Van Wyk, vinnig opgespoor word as hulle na sy gesteelde selfoon se nommer geskakel het. So sou hulle kon vasstel waar die skurke hulle bevind. Hy het dit aanbeveel maar die polisiebeampte het hom nie daaraan gesteur nie.

Wat verbasend is, is dat die honde-eenheid nie ingeroep is nie.

Sowat twee uur later is mnr. Quintin Brits se lewelose liggaam op ’n trollie uit die restaurant geneem terwyl drie hartseer jongmense dit aanskou.

Mnr. Brits is verlede Vrydag begrawe.