Terroriste in Kanada betrap


Twee buitelanders wat Ai-Kaïda verbintenisse het, is in Kanada in hegtenis geneem. Die twee is gevange geneem in verband met ‘n beweerde komplot om ‘n passasierstrein in Toronto te ontspoor.

Die komplot is volgens die Kanadese polisie deur Al-Kaïda ondersteun.

“Die twee se inhegtenisneming dui daarop dat terrorisme steeds ‘n bedreiging vir Kanada is, het Vic Toews, die Minister van Openbare Veiligheid, gesê.