Suid-Afrikaner is 27 uur in water


Brett Archibald (50) ’n branderplankryer moes meer as 27 uur in die see water trap en dryf voordat hulp opgedaag het.

Gedurende die tyd moes hy die jellievisse se gesteek verduur, die haaie trotseer en die seevoëls se duikslae ontwyk.

“Hy was later baie dors en honger, maar na hy gered is weer vol kwinkslae, vertel sy vriend.

“Hy slaap op die oomblik ’n Olimpiese slaap,” vertel vriende uit Indonesie waar hy en nege skoolvriende branderplank toer meemaak. Gelukkig het ’n Australiese seiljag, hom omstreeks 06:30 die volgende dag opgepik. Volgens Archibald het hy oorboord geval nadat hy seesiek geraak het.

Hy kom oorspronklik van Durban en is getroud met Anita. Die egpaar het twee kinders, Jamie (6) en Zara (9).

(Foto – Bret met die hoed)