Suid-Afrika wil nederlaag wreek

Pres. Zuma wil blykbaar die vernedering en nederlaag wat die SANW in die Sentraal-Afrika Republiek (SAR) oorgekom het, wreek. Hy het aangekondig dat meer troepe en toerusting na die rebelle beheerde staat gestuur gaan word.

Groot vragvliegtuie is gehuur en vragte toerusting word in buurlande rondom die SAR ontplooi.

Van die toerusting wat gestuur word, is ondermeer vegvliegtuie en Rooivalkhelikopters.

Samesprekings word gehou by ’n buitengewone vergadering van die Ekonomiese en Monetêre Gemeenskap van Sentraal-Afrika en Jacob Zuma woon die vergadering by om moontlike ingryping in SAR te bespreek.

Gripen-vegvliegtuie het blykbaar reeds vertrek na die gebied.

Die gehuurde Ilyushin vragvliegtuig kan ongeveer 34 ton dra en die Antonov tot 85 ton.

Vlugte vanuit Bloemfontein en Waterkloof het reeds vertrek met toerusting.

Militêre ingeligtes sê die vliegtuie en wapentuig word strategies rondom die SAR ontplooi om die rebelle sielkundig aan te tas.

Net ’n handjievol soldate is tans in die SAR. Al die ander troepe is reeds terug na Suid-Afrika.

Die mening is ook uitgespreek dat Zuma sy vorige nederlaag wil wreek, al kos dit die land miljoene Rand.