Suid-Afrika se kraanwater die beste


Suid-Afrika is een van 12 lande wat veilige en gesonde kraanwater het om te drink.

Dit is die bevinding van die Instituut vir Afvalbestuur in Suider-Afrika (IWMSA).

Suid-Afrika is glo die land wat derde beste kraanwater ter wêreld bied.

Dié prestasie word glo toegeskryf aan die feit dat Suid-Afrikaanse munisipaliteite die internasionale Blue Drop-sertifiseringsprogram gebruik.

Waarnemers meen dat die opname wat gemaak is, nie baie realisties is nie. Te veel plattelandse dorpe sit met ernstige water probleme at heelwaarskynlik nie deel uitgemaak het van die opnames wat gedoen is nie.

Om ’n Blue-Dropprogram te gebruik is goed, maar dit is duidelik dat tientalle dorpe se water ernstige gevare inhou as dit gedrink sou word. Die vraag ontstaan dan hoe goed word die program bestuur, word gevra.