Suid-Afrika is dwelmhandelaar se paradys


Suid-Afrika se Inkomstediens het bekend gemaak dat sowat 90 kg dwelms met ‘n straatwaarde van R27 miljoen gedurende Maart by doeanepunte onderskep is.

Meer as 20 klopjagte is uitgevoer in Maart en in al die gevalle is daar beslag gelê op dwelms.

Agt mense is in hegtenis geneem. ‘n Vrou wat in Johannesburg aangekom het uit Moembaai via Nairobi het met 24 kg tik met straatwaarde van R7 miljoen probeer wegkom maar is gevang.

‘n Ander vrou is met tik van R6 miljoen in haar bagasie gevind.

Waarnemers het gesê dit is maar die oortjies van die seekoei. Miljarde Rand se dwelms word ingesmokkel en kom “veilig” by smokkelbendes in lokasies uit, het een gesê.