Stormwinde in die Kaap


Kaapstad en omgewing se sterk windstorms is ’n bedreiging vir die konstruksiewerk aan die hoogste gebou in die moederstad.

‘n Aantal ooggetuies het berig dat die steierwerk teen die Portside-gebou in die middestad onstabiel is weens die sterk wind. Uiteindelik het die totale steierwerk sy staan teen die sterk wind prysgegee en is omgewaai.

Die gebied moes afgesper word en die gebou se kontrakteurs is aangesê om die area te stabiliseer. Die kontrakteurs moes ook maatreëls inbou om die terrein te beveilig.

Groot vragmotors het gesneuwel deur die rukwinde wat met tye gewoed het. (foto)