Steun ANC Vroueliga apartheid?


Die ANC-vroueliga het hul steun gegee aan Angie Motshekga, die Minister van Basiese Onderwys. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) haar bedanking geëis het.

Een van die redes waarom Sadou haar bedanking eis, is omdat hulle dit eens is met Cosatu dat die onderwysstelsel wat nog uit die apartheidsjare kom, verander moet word.

Die Vroueliga se Motshekga sê egter: “Sy het oor en oor haar toewyding en vasberadenheid getoon om die kinders van Suid-Afrika ordentlike onderrig te gee.

Motshekga is die huidige leier van die vroueliga.

Waarnemers sê egter hulle twyfel of die Vroueliga nou Apartheid sal steun.