Stappers gered in Drakensberge


Elmarie Mackear (41) moes twee nagte in die koue van die suidelike Drakensberge deurgebring terwyl sy en haar makkers vir nooddienste gewag het.

Sy en vyf ander mense het gaan stap toe sy naby Rhodes, in die Oos-Kaapse gebied, van die Drakensberge gegly en haar been gebreek het.

Die Reddingspan het Maandag die drama beëindig toe Mackier en die ander stappers per helikopter hospitaal toe geneem is.
Die ses stappers het ‘n staptog roete van vyf dae aangepak, maar dit is as gevolg van die swak weerstoestande beëindig.

Elmarie het geval terwyl die groep teruggestap het.

Die foto is van die bekende hotel op Rhodes