Sokker SA sukkel


Die sokkerbase van Suid-Afrika het ’n diep duik gevat.

Hardnekkige berigte doen die rondte dat SAFA sowat R55 miljoen verlies gewys het in die afgelope boekjaar.

Waarnemers meen die toedrag van sake kan dalk toegeskryf word aan wanbestuur, selfverryking en korrupsie.

Die feit dat die Bafana klomp nie juis hond haaraf maak op die terrein nie, dra ook daartoe by dat die stadions maar sukkel om toeskouers te lok.