So val kultuurerfenis uitmekaar


In Krugersdorp staan die statige Paul Kruger-saal waarop enige volksgenoot trots kan wees. Nou het daardie selfde statige gebou verander in ’n hool waar plakkers woon en alles verniel en deurbring.

Die saal in Flemminglaan is in Oktober 1936 opgerig en die steen is deur J.F.M. Bolton, destydse burgemeester gelê.

Die gebou was bekend vir sy pragtige Art-Deco ontwerp en indrukwekkende staal plafonne.

Daar is byna nie ’n heel ruit nie, die rame verroes en stukkend. Die gate in die voordeur getuig van vandalisme en ’n tipiese Afrika stank hang in die lug.

Dit is hoe kultuurgoedere vernietig word omdat dit waarskynlik die eiendom van ’n trotse volk is.