Skrik en angs op vliegtuig


Mnr. Abrie Kruger van Kaapstad het ’n angsvolle vlug meegemaak toe hy ontdek dat daar ’n “brief” in die vliegtuig se toilet is wat woorde bevat soos “Istanboel”, “bom” en “Allah”.

Dít was van die ysingwekkende woorde in die nota wat gevind is tydens ’n Emirates-vlug wat Maandag uit Doebai na Kaapstad onderweg was.

Mnr. Kruger sê hy het groot geskrik en kon nie die res van die woorde verstaan of uitmaak nie – dit is ’n vreemde taal.

Hy het ’n lugwaardin ontbied en die brief aan haar getoon waarna sy dit vertaal het in sy teenwoordigheid.

Dit het gelui: ‘Die vlieënier moet na Istanboel vlieg of die vliegtuig sal opgeblaas word.’

Kruger is later ingelig dat ’n ondersoek na die brief afgehandel is en dat die vlug normaal sal voortgaan.

Die vliegtuig het sonder enige voorval veilig in Kaapstad geland.