Skolier met skêr aangeval


’n Swart leerling word van poging tot moord aangekla nadat sy ’n ander skolier met ’n skêr aangeval het. Die voorval het plaasgevind by die Hoërskool Dr, Malan in Meyerton.

Die slagoffer is in ’n baie ernstige toestand met ’n helikopter na ’n hospitaal geneem..

Die voorval het gedurende pouse by die skool gebeur na die twee leerlinge in ’n woordewisseling was. Die slagoffer is in die nek met die skêr gesteek, waarna sy weggehardloop het, maar enkele tree vêrder inmekaar gesak het.

Die skoliere wat die voorval aanskou het was erg getraumatiseer.

Hoërskool Dr. Malan was onlangs in die nuus toe dit bekend geword het dat die skool beplan om hul naam te verander om sodoende weg te kom van die huidige naam wat gekoppel word aan apartheid.

Die voorval is soortgelyk aan die geval wat etlike jare gelede in ’n skool in Vryburg gebeur het.