Sirkus-base kry wind van voor


’n Diereregte groep wat bekend staan as “Activists for Animals Africa” gaan glo voort in sy stryd teen Brian Boswell Sirkus oor die beweerde wrede mishandeling wat toegepas word op die sirkus se diere.

Talle aktiviste het verlede Sondag buite die sirkustente in Kempton Park betoog en geëis dat die diere bevry word uit sirkusse.

Dié optrede volg blykbaar op ‘n uitsending van Carte Blanche wat wys hoe olifante mishandel is.

Aktiviste beweer dat dit nie die enigste geval was nie.

Te midde van die betogings was die sirkustent stampvol mense wat die vertonings bygewoon het.