Die uitvoerende Hoof van Media24 is die jongste slagoffer van ’n SIM-kaart sindikaat.
Die sindikaat het haar van R360,000 beroof.
Binne minute op ’n dag en sonder haar medewete is R1,5 miljoen uit Esmaré Weideman se huislening na haar tjekrekening oorgeplaas.
Daarna is ’n totaal van R360,000 in kleiner bedrae na snaakse rekeningname oorgeplaas voordat Absa haar rekening bevries het.
Weideman sê haar SIMkaart wou nie werk nie en sy het by MTN navraag gedoen. Hulle sê daar is geen fout nie.
Toe kry sy ’n oproep van ABSA se bedrogeenheid waarin sy in kennis gestel is dat haar dienste eers bevries is weens bedrog.
Sy het die saak by die SAPD aangegee en daar verneem sy van nog iemand wat ’n soortgelyke ervaring gehad het.
Deskundiges is van mening dat selfoon bankdienste, tesame met OTM-kaart onttrekkings, die grootste bedrog moontlikhede bied.
Dit het my ook getref R40000 “simswap” op jou selfoon sodat boodskappe nie kan deurkom nie. Dit wil my voorkom asof die sekuriteits maatreels nie in plek is nie en die antwoord van die bank eenvoudig “dit is jou eie skuld.’ Ongelukkig gebeur dit met te veel mense wat mens laat dink dat die stelsels nie in plek is nie.!!!! Ek sal graag wil weet of Esmarie Weideman se geld terug betaal gaan word.?????
In sulke aanlyn-diefstalgevalle is die rekenaar gewoonlik gekompromiteer deur spioenware. Die selfoon ding is maar net sodat jy nie gewaarsku word nie, maar die diewe het reeds jou aantekenbesonderhede by die bank. ABSA gebruik ‘n stelsel waar jy nie die hele wagwoord intik nie, maar net 2-3 van die karakters op ‘n slag. Ek wonder diep oor hoe die skelms daardie wagwoord in die hande kry. As jy nie die wagwoord aan die skelms lek nie of as jou rekenaar nie al lank gekompromiteer is nie wonder ek. Gewoonlik is die wagwoord versleutel en selfs die bank kan dit nie eers in die hande kry nie, maar net verander.
Wat moet gedoen word? Gebruik ‘n “Live CD” om jou rekenaar vanaf te boot. Een van die bestes is Puppy Linux. Dit boot vanaf die CD en word net in die rekenaar se geheue gelaai. Moet ook nie jou bank se URL Google nie, skryf dit neer en konnekteer direk deur die URL in te tik. Gaan net na die bank se webtuiste en moenie rondrits na ander webtuistes terwyl jy met Puppylinux werk nie, wanner jy klaar is, reboot die rekenaar en haal die CD uit.
Ek sien gereeld mense by internet kafees en op kommunale rekenaars op hul internet bankdienste. Dit is lekker moeiliheidsoek.
‘n Paar jaar terug het hierdie ding ook gebeur met ABSA kliënte wat Vodacom gebruik. Ek sal ook baie versigtig wees om bankdienste op enige Android masjien te doen.