Seun red boetie uit brandende huis


’n Jong seun van 12 jaar het sy jonger boetie se lewe gered. Keanan Landman het sy jonger boetie Danté (5) aan die arm gevat en saam met hom gevlug uit die brandende meenthuis wat in rook gehul was.

Die seuns was in die meenthuis in Pellissier, Bloemfontein, toe die dakwaaier ’n brand laat ontstaan het. Die ouers was by die werk toe die voorval plaasgevind het.

Keanan Landman (12), ’n standerd 5-leerling aan die Laerskool Pres. Brand, is die gesin se held.

“Hy is ons held. Hy het sy broer se lewe gered,” het ma Dotty gesê.