Seun dood in opleidingskamp


Die jong Raymond Buys (15) is blykbaar elke aand aan sy bed vasgemaak met ‘n ketting en ‘n slot bloot omdat hy by meer as een geleentheid probeer het om weg te kom uit die kamp..

Raymond (15), het verlede jaar omgekom terwyl hy besig was met ’n drie maande opleiding by ’n sentrum vir natuurbewaarders in Vereeniging.

Alex de Koker (49), die eienaar van die opleidingsentrum, en Michael Erasmus (20) staan nou tereg op aanklagte van moord en kindermishandeling.
Hulle word ook aangekla weens die versuim in die voorsiening van behoorlike kleding, kos, behuising en om die nodige bystand te verleen. Daarbenewens word hulle ook aangekla van twee sake van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Raymond se tent maat, Gerhard Oosthuizen, het in die hof getuig dat Raymond snags nie die toilet kon besoek nie, want hy is aan sy bed vasgemaak.

(Foto van De Koker)