Sentraal Afrika State pleit by Zuma


Leiers van die Ekonomiese Gemeenskap van Sentraal-Afrikaanse State (Eccas) het glo by Jacob Zuma gepleit om weer troepe te stuur na die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR).

Die pleidooi is klaarblyklik gelewer by pres. Zuma in die hoop dat Suid-Afrika die land kan stabiliseer teen ’n bykans onberekenbare koste.

Na verneem word, sal die Suid-Afrikaanse betrokkenheid in die SAR vergoed word met minerale regte.

Kenners is van mening dat die SANW nou versigtig is om weer in botsing te kom met die rebelle. Die vorige botsing het Suid-Afrika se beeld ernstig geskaad toe die rebelle 13 weermag soldate afgemaai het en tientalle gewond is.

Nkoana-Mashabane het glo gesê Suid-Afrika kan nie anders as om betrokke te bly in Afrika ten einde vooruitgang te bevorder.