Selektiewe Menseregte


Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, se eregas by die 2013 Hannover Messe was die Russiese premier, Wladimir Puten. Dit is vanjaar die amptelike Duitse-Russiese handelsjaar en die twee lande will hulle stewige handelsbetrekkinge nog verder uitbrei. Die Duitse Bondskanselier het die Hannover Messe nywerheidsektor handelskou op 7 April geopen.

Angela Merkel het haar geleentheid gebruik om Rusland by te kom oor hulle hantering van menseregte en daarop gewys dat vryheid van spraak en meningsverskil ‘n basiese mensereg is. Haar teregwysing was onder andere oor die onlangse Russiese optredes in Moskou en St Petersburg waar hulle op die kantore van die Duitse internasionale organisasies, Konrad Adenauer en Friedrich Ebert Stigtings, toegeslaan en onder andere rekenaars verweider het.

Die Russiese Premier het terug geslaan en daarop gewys dat die EU, onder Duitse leiding, se optrede in Siprus onaanvaarbaar is en dat dit nooit weer mag gebeur dat ‘n gedeelte van mense en instansies se depositos sondermeer gegryp kan word om die swak besluite van ‘n land se regering mee te finansier nie.

Beide Duitse Stigtings is internasionaal bedrywig, soms tot die argwaan van regerings. Die doelstelling van die 1925 gestigte Friedrich Ebert Stigting is die opleiding van jongmense ter bevordering van politiese en sosiale-demokratiese kundigheid. Die Konrad Adenauer Stigting is internasionaal betrokke en beywer hulle vir die “implimentering van sosiale en mark-ekonomiese strukture en bevordering van menseregte”.

Die FW de K;erk Stigting het sy kongres op 2 Februarie 2011 saam met die Konrad Adenhauer Stigting in Kaapstad gehou ter herdenking van die 1994 ANC regeringsoorname met die tema “The Things that Unite us as South Africans” . Optreders by die geleentheid was dr. Werner Boehler (Foreword), Artsbiskop Thabo Makgoba (Religion), Kevin Chaplin (Ubuntu), Mornè du Plessis (Sport), Temba Nolutshungu (Our Symbiotic Relationship), Mangosuthu Buthelezi (Remarks) en FW de Klerk (Our Constitution). De Klerk het in sy voordrag gesê: “.. ons is geneig om te vergeet van die enorme vordering wat ons gemaak het ..; .. die oënskeinlike hopelose situasie in die middel-80’s..; .. en ons verloor sig oor die baie sake wat ons as Suid-Afrikaners verening.