Sashtog!


Die arme, arme Sue van Der Merwe! Die Vryburger berig in die week hoe die arme vrou aangeval is deur twee van haar beste maatjies! Johan lewer kommentaar op die artikel en wys op die spreekwoord: meng jou met die semels en die varke vreet jou op! Nou ja, toe twee varke op die tante toesak, toe gee hulle haar nie genoeg tyd op haar CV op te dateer, uit te druk en in hul taal te laat vertaal voordat hulle, hulle gesiggrotdelwers om haar nek slaan en haar wurg tot sy net die black van die sash sien nie. (Of dalk het hulle haar hals net gemeet om vir haar ‘n mooi string pêrels te koop!)

In die artikel word dan ook vermeld van die Poko opstande waartydens die Katolieke non kop verloor het toe sy al gillende die betogers teggemoet gehardloop het met die woorde: I’m English. Duidelik gaan dit dus nie oor taal nie en me. Van der Merwe moes dalk maar betyds gegil het: “I’m bleck!”.

Nietemin, na hulle haar besittings hervorm het kon die varke ten minste vir haar ‘n katspoegie kraanwater gegee het vir die keel! Die water in Suid Afrika is mos derde beste op aarde, Jupiter en Mars want die spesifieke tipe E-Coli wat daarin voorkom word met die “Blue droppings” stelsel uitgewys!

Dit was uiters varksig om die hand wat jou voer se vingertjies so een vir een oop te buig en uit te lek soos ‘n honger bulterriër wat pap eet! Ek is egter oortuig dat die boewe hierdie Vryburger artikel se foto deeglik deurgekyk het, dit vir hulle laat voorlees het en nou baie sleg voel en daarom die geld wat hulle by hul Madam geleen het, net so in die ANC se volgende verkiesingsfonds sal stort!

Anti, moenie bekommer nie, jy sal nooit weer in die NSA geroof, geskiet, gekaap, gewurg of verkrag word nie, want almal weet nou jy is eintlik swart! Sashtog!

Tot volgende slag

Die Sweep