Ry jy saam?


In Nederlandse is ’n groep genaamd “Mars One”, wat planne het om ‘n kolonie op Mars te vestig.
Hulle sal eersdaags die aansoekproses open vir mense wat dié reis wil meemaak.

Derduisende mense het blykbaar al navraag gedoen om deel van die span te wees.

Bas Lansdorp, Mars One se medestigter, het gesê suksesvolle aansoekers sal fisieke en sielkundige opleiding moet ontvang voor die groep vertrek.

Die span beplan om sonpanele te gebruik vir die opwekking van energie. Hulle gaan ook water herwin en met nuwe tegnologie eie gewasse plant vir kos.

Elke 24 maande sal ’n nuwe groep gestuur word om aan te sluit. Die reis daarheen sal ongeveer agt maande duur.

Die nuwigheid het ontstaan nadat wetenskaplikes bevind het dat daar wel water op Mars kan wees.

Die foto toon ’n krater met bevrore water (ys) daarin.