Ruimtereis eersdaags werklikheid


Virgin Galactic se ruimtetuig vir toeriste, die SpaceShipTwo, het Maandag sy eerste toetsvlug suksesvol voltooi en sommer deur die klankgrens gebreek.

SpaceShipTwo se masjien is aangeskakel na dit deur ‘n ander vliegtuig tot op ‘n hoogte van 14,300 m geabba is.
Die tuig het bokant die Mojave-woestyn in Kalifornië op eie krag begin vlieg.

Die vuurpyl het slegs 16 sekondes lank, soos dit vooraf beplan is gebrand en dit het die ruimtetuig tot 16,700 m laat styg.

Die tuig se spoed was 1,2 keer die spoed van klank.

Branson, van die Virgin-groep het voorspel dat die suksesvolle vlug die weg baan om die jaareinde al ‘n ruimte-vlug te lanseer.

SpaceShipTwo kan net ses passasiers dra en daar is reeds meer as 500 mense wat sitplekke op SpaceShipTwo bespreek het.