Restaurant op hete kole: minister word siek


’n Bekende restaurant op Hermanus was geskok toe Marthinus van Schalkwyk, Minister van Toerisme, siek geword het en na die hospitaal geneem is.

Hy het middagete by The Burgundy-restaurant geniet toe hy skielik sleg voel. Sy 18 jarige seun, Christiaan en ander in die restaurant het hom na sy motor gehelp en na die Mediclinic geneem.

Later het sy woordvoerder gese Van Schalkwyk is perdfris.

Die minister is glo op Hermanus met vakansie tydens die reses.