Renosterstropers steel 66 horings


’n Klomp diewe het 66 renoster¬horings gesteel van ’n boer in Roedtan.

Mnr. Johan van Zyl het met toestemming van die Departement van Omgewingsake sy renosters onthoring om daarmee die diere te beskerm teen die barbaarse stropery.

Die diewe het geweet wat hulle doen, dit is haarfyn beplan, het Mnr. Van Zyl gesê.

Hy het permitte vir al die horings.

Renosterhorings verkoop op die swartmark teen sowat R2,5 miljoen vir ’n gemiddelde grote.