Regter se siening ongrondwetlik


Regter Cynthia Pretorius se standpunt dat Engels as die enigste hoftaal oorweeg moet word, is “ondeurdag, onverantwoordelik en ongrondwetlik”.

Dit is die uitspraak wat gemaak is deur die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) oor dié pleidooi wat Pretorius tydens ’n sitting voor die Regterlike Dienskommissie (RDK) gelewer het.

Sy is een van drie kandidate wat oorweeg word vir die pos van adjunk-regterpresident in Sentraal Transvaal.

Ingevolge bepalings van die grondwet is ’n gewone landsburger geregtig om in sy moedertaal op te tree in die howe.

“Die mening dat Engels gebruik moet word omdat die meeste regters nie Afrikaans magtig is nie, is in beginsel bedenklik, het die woordvoerder gesê.

’n Bekende in die regsberoep het aan Die Vryburger gesê die uitlating van Pretorius wek die indruk dat dit gesê is om indruk te maak om daarmee die pos te bekom. Dit is ’n teken van swakheid, het hy gesê.