Regering finansier landboustaking


In ’n hewige debat in die Parlement het dit aan die lig gekom dat die ANC/SAKP regering direk betrokke was by die landbou staking in die Wes-Kaap.

Enkele weke voor die staking begin het, is ’n bedrag van meer as R4 miljoen aan die vakbond Bawsi uitbetaal deur die Departement Landbou.

Die uitbetaling is klaarblyklik gedoen sodat die betrokke vakbond die stakers kon betaal vir hulle optrede waartydens die boere miljoene Rand skade gely het.

Landbou kenners sê dit bevestig die regering se wil om op onregmatige wyse duisende boere van hulle grond te verdryf deur belastingbetalers se geld aan te wend om die grondgryp program te versnel voor die algemene verkiesing van 2014.

Bawsi se voorsitter, ene pastoor Nosey Pieterse, was as sekretaris-generaal van Bawusa, die plaaswerkers vakbond wat uit Bawsi gevorm is, een van die leidende figure in die landbou-onrus.

Dit blyk dat die saak met die Ouditeur-Generaal opgeneem gaan word om die redes te bepaal waarom die geld uitbetaal is enkele weke voor die stakings wat hoofsaaklik deur werklose swartes gevoer is.

Waarnemers is van mening dat dit die einde van die landbou minister se loopbaan kan beteken.