Rebelle se segetog teen RSA soldate


’n Spesiale medewerker het aan Die Vryburger uit Sentraal Afrika berig dat die rebelle se oorwinning oor die Suid-Afrikaanse soldate veelseggend is.

Die verslaggewer berig dat die ongevalle aan rebelle kant slegs een gesneuwelde en vier gewondes was. Hierteenoor het Suid-Afrika 13 soldate verloor en 27 is gewond.

Volgens die verslag was daar sowat 1,000 rebelle teenoor die ietwat meer as 200 RSA soldate. Van die 1,000 rebelle is sowat 300 minderjarige kinders wat kwalik ’n swaar geweer kan hanteer.

Berigte is deur SANW woordvoerders die wereld ingestuur dat daar ’n oormag van 3,000 rebelle was.

Die voorval het groot verleentheid in die SANW kringe veroorsaak. Talle uitsprake word nou gemaak in ’n poging om die erg geknakte beeld van die Weermag te herstel.