Radio Pretoria op pad na hofsaal


Radio Pretoria se Hoofuitvoerende beampte, Willie Spies, het by die multikulturele Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie,Afriforum , R100,000 gekry om die hofsaak te help finansier wat handel oor die onwettige herleistasies wat in gebruik is.

Dié hofgeding is nog ‘n terugslag vir die Radio onder leiding van sy nuwe bestuur.

Radio Pretoria het in die afgelope jaar die “omstrede” uitsendings onnodig prominent na vore gebring deur advertensies uit te saai wat die ongelisensieerde herleistasies se frekwensies aangedui het.

Die Uitsaai owerheid vereis dat herleistasies gelisensieer moet wees en oor die vermoë moet beskik om self uit te saai. Van al die herleistasies is dit slegs die Ermelo herleistasie wat aan die vereistes voldoen.

Dit het bekend geword dat die Radio moes besnoei aan personeel en kantoorruimte weens sy verswakte finansiële posisie te midde van ruim finansiële bydraes wat deur die multikulturele vakbond, Solidariteit, en sy verwante burgerlike organisasie, Afriforum gemaak is.

Beide instansies het tans ‘n besondere noue verbintenis met die radiostasie.