Pretoria: Ou straatnaamborde word verwyder


Die ou straatnaam borde in Pretoria word nou finaal verwyder aangesien die burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, meen die inwoners van Pretoria het genoeg tyd gehad om die nuwe name te leer ken.

Die ou name, wat nog vertoon is tot hede, maar met ’n rooi streep “dood getrek” is, is vervang met name wat deur die ANC gekies is.

Volgens die ANC munisipale raad, is dit name wat aanstoot gee weens hul verbintenis met apartheid uit die verlede en vervang met die nuwe name.

Waarnemers meen egter dat die nuwe name meer aanstoot gee aangesien die die meeste inwoners van die stad mense is way hulle vereenselwig met Pretoria in sy totale omvang.