Politieke aanstellings in SAPD werk nie


Die aanstelling van nasionale polisiehoofde vanuit ’n politieke hoek moet beëindig word.
Dit is die mening van die politieke ontleder, prof. Adam Habib.

Prof. Habib, aangewese rektor van die Witwatersrand Universiteit, sê die probleem met politieke aanstellings is dat dit byna onmoontlik is om vinnig op te tree as die aangestelde korrup is.

Volgens hom was al drie die laaste nasionale polisiekommissarisse politieke aanstellings. Twee uit die drie was korrup.

Hy het ook gal gebraak oor die polisie se beleid van “skiet om dood te skiet”, wat volgens hom tot vêrdere geweld in die samelewing bygedra het.

“Die Zuma-regering het besluit om geweld met geweld te beveg, en dit werk nie”, het hy gesê.