Polisiebeamptes twee jaar by huis


Ao. Jannie Odendaaal en konstabel Twala is die twee polisiebeamptes wat in 2010 met Winnie Mandela en haar lyfwagte in ’n woordewisseling betrokke was, sit nou meer as twee jaar by die huis, hangende ’n tugverhoor.

Hulle het die oortreder se voertuig op 30 Desember 2010 op die M1-noord voorgekeer. Die bestuurder het glo roekeloos en vinnig gery.

Hulle sit by die huis. Dit is ’n geweldig lang tyd om nie te werk nie en hulle wíl graag werk, maar die tugverhoor moet afgehandel word.

Waarnemers en kenners oor arbeidsake sê dit is ’n skande dat betaalde beamptes meer as twee jaar moet wag voor ’n tugverhoor afgehandel word en dit nogal op die belastingbetalers van die land se rekening.