Polisiebeamptes sonder rybewyse


Faith Mazibuko, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Sentraal Transvaal sê dat meer as 40% van die polisiebeamptes in dié provinsie het nie ’n rybewys nie. Dit beteken dat sowat 11,600 nie rybewyse het nie en 18,900beskik oor ’n rybewys.

Mazibuko het gesê sowat 60% van die beamptes wat sonder rybewys is, werk buite polisiekantore in reaksievoertuie, of in kliënte dienssentrums, of as hof ordonnanse en by pad blokkades.

Kenners sê dit is ingevolge die Suid-Afrikaanse Polisiewet ‘n vereiste om ‘n geldige rybewys te hê terwyl polisiebeamptes in dié provinsie beweer dat die besit van ’n rybewys nie meer ’n vereiste is nie.