Polisiebeamptes is kabel diewe


Twee polisiebeamptes van Noordwes is betrap en gevang omdat hulle in besit was van koper kabels.
’n Polisiewoordvoerder sê die twee beamptes is in Stilfontein in hegtenis geneem.

Solomon Nkoe en Johan Dunhin het blykbaar meer as 28 kilogram koperkabel aan ‘n skrootwerf verkoop.

Die skrootwerf eienaar was bekommerd toe sy werkers vir hom meedeel dat die kabels deur polisiebeamptes verkoop is.
Hy het die polisie dadelik in kennis gestel.