Polisiebeamptes al weer in die sop


Senior polisie het blykbaar beslag gelê op die selfone van ander polisiebeamptes wat aan die Oscar Pistorius-moordsaak werk.

Dít blyk dat beamptes foto’s van Oscar geneem het nadat hy reeds in hegtenis geneem is. Dit is met hul selfone gedoen.

Berigte lui dat Nathi Mthethwa, Minister van Polisie bekend gemaak het dat 45 polisiebeamptes se selfone gekonfiskeer is.

Die voormalige ondersoekbeampte, Hilton Botha, het blykbaar te kenne gegee dat koerante aangebied het om beamptes te betaal vir foto’s van Pistorius. Die foto’s moet geneem word nadat hy in hegtenis geneem is.

Waarnemers is van mening dat dit nog ’n vorm van korrupsie is onder lede van die polisiediens