Polisie beledig parlementslid


‘n Parlementslid ,Thandile Babalwa Sunduza, het klagtes teen die Johannesburgse metropolisie gelê. Na bewering het van die polisiebeamptes teen haar motor gebots en haar beledig.

Sunduza, het later gesê sy het gedink haar motor word gekaap.

Sunduza het glo die beamptes gevra dat sy haar motor sal parkeer om nie die verkeer op te hou nie. Maar in plaas van hulp, het sy net ’n harde slag gehoor
en besef dat ‘n vierwiel-aangedrewe polisievoertuig teen haar motor gebots het.

Sowat 10 beamptes was op die toneel. Die vroue-beamptes het my ’n hoer en ‘n hond genoem,” het Sunduza gesê.

Sy sê die beamptes dreig toe om haar in hegtenis te neem omdat sy op haar selfoon gepraat het.

Sunduza beweer dat albei haar selfone in die motor se kattebak was.
Sunduza het blykbaar klagtes van intimidasie en kwaadwillige beskadiging van eiendom teen die beamptes aanhangig gemaak.