Pasop vir verslawende medikasie


Die pynstiller, kodeïen wat sonder ’n voorskrif verkrygbaar is, word baie gebruik terwyl dit onwetend n uiters gevaarlike produk is.

Dr. Liezl Kramer, ’n algemene praktisyn van Kaapstad spesialiseer in die behandeling van dwelmverslaafdes.
Sy het gese mense besef nie die gevaar wat pynstillers kan wees wat kodeïen bevat nie.
Die feit dat dit oor die toonbank gekoop word, maak dit nie n veilige produk om langdurig te gebruik nie, het sy gese.

Kramer is n gesaghebbende op die gebied en dien op die bestuur van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Verslawing-geneeskunde.

Kodeïen is volgens haar eerder ‘n depressant wat die liggaam se vermoë om pyn te voel verhinder.