Die onwettige uitsendings van Radio Pretoria met sy herleistasies is besig om paniek te saai.
Dit is die mening van kenners wat jare lank betrokke was by dié radiostasie, Die Radio sal eersdaags in die hof moet verduidelik waarom die herleistasies nie aansoek gedoen het vir uitsaai lisensies nie.
Die Uitvoerende Beampte, Spies, het verlede Maandag bekend gemaak hoeveel SMS boodskappe reeds ontvang is. Die inkomste daaruit het toe op sowat R20,000 te staan gekom. Afriforum, ’n multikulturele organisasie en deel van die rasgemengde Solidariteit vakbond skenk glo R50 vir elke R10 wat met ’n SMS ingevorder word om vir die hofkoste te betaal.
Waarnemers meen die herhaalde uitsendings van Spies se advertensie dui op paniek oor wat die hof gaan beslis.
Talle Solidariteit lede is direkteure by die radiostasie, waarvan mnr. Flip Buys een is.
Buys is bekend daarvoor dat hy van tyd tot tyd met instansies soos die ANC en die De Klerk-stigting gesprek voer.
Radio Pretoria moenie bang wees nie as FW de Klerk daar is sal alles verseker goed afloop vir die ondergang van die stasie sodat die swartes dit vinnig kan oorneem.
Die dinge wat besig is om te gebeur by die draadloos laat ‘n mens nogal wonder. Somtyds dan wonder ek wanneer Dagbreek Trust se fondse gaan op raak vir die hofsake en dan wonder ek weer wanneer gaan die volksvreemde lede van Sollies begin vrae vra oor wat met hulle ledegeld gedoen word. Maar nouja, soos die oumense gesê het,”van wonder gaan die son onder.”
Ek stem met Andrè saam. Waar F.W. is hoef jy nie te bekommer nie. Tussen hom en Flip sal hulle wel ‘n plan maak!
Ek hoor dat die kort-kort se uitsending van Spies se gebedel vir nog SMS boodskappe nou nie juis die verwagte resultate lewer nie..
Maar miskien is Gert reg, Solidariteit en FW en dagbreek Trust behoort die ding te doen. Flip is direkteur by die Trust waar miljoene Rand van die volk opgeberg le en nou deur die liberales beheer word, en die Stigting se dinge is maar soortgelyk, en Solidariteit niks anders nie!