Oud-atleet fnuik die diewe


Anton du Toit (38) ’n sakeman en voormalige atleet, het wakker geword en gehoor toe diewe sy bakkie wou steel, en inderhaas na buite gegaan.

Hy het sy vrou, Heloise, gevra om almal te bel, en gesien hoe die bakkie wegry. Hy het in sy motor gespring en die diewe agterna gesit.
In die jaagtog het hy nog kans gekry om sy pa en vriende te bel en te vertel waar hy is en wat gaande is.

Die diewe het op ’n grondpad afgedraai, met Anton kort agter hulle. Sowat 5 km verder het die diewe besef hulle gaan nie wegkom nie, stilgehou, uitgespring en in die donker bosse ingehardloop.

Later het familie aangesluit en kon hulle die bakkie terug neem.

Anton het so gou uit die bed gespring en die nodige sleutel en selfoon gegryp, dat hy sonder ’n draad kere die jaagtog aangepak het.