Oscar se borgvoorwaardes verander


Oscar Pistorius se aansoek om wysiging van sy borgvoorwaardes was suksesvol. Twee voorwaardes is in die Pretoriase hooggeregshof ter syde gestel.

Die een voorwaarde rakende sy teenwoordigheid by sy huis in die Silver Woods-landgoed en die ander het betrekking op sy aanmelding twee keer ’n week by die Brooklyn-polisiekantoor.

Regter Bert Bam het gesê die voorwaardes is nie gelys in die hofbevel van 22 Februarie nie en word dus ter syde gestel.

Bam het ook gesê daar is geen rede waarom Pistorius verbied moet word om Suid-Afrika te verlaat veral as hy uitgenooi word om aan ‘n atletiekbyeenkoms deel te neem.

Regter Bam het gesê hooflanddros Desmond Nair het ‘’n dwaling begaan met die voorwaardes wat hy vir Pistorius gestel het.

Die regter het in sy uitspraak gesê dit is verkeerd om nie Pistorius se paspoort aan hom terug te gee nie.