Orania rugbyspan gereed


Orania het nou weer ’n rugbyspan. Die gebied is ’n baken waar blankes alles self doen.

Die dorp se mense is ywerig in alles wat gedoen moet word, en wil ook op sportgebied hul merk maak.

Die rugbyspan en sy afrigters is bereid om teen enige ander span op klubvlak te speel.

Orania se span is die eerste na meer as twee dekades, sê mnr. Quintin Diederichs, die klub se stigter.

“Die laaste rugbyspan van Orania wat klubrugby gespeel het, was in die jare 1970 toe Orania nog ’n waterwese dorp was.”

“Ons het gesê: Kêrels, ons is hier om rugby te speel en ons moet onsself teen die beste in die liga meet…”