Opstanding


“En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof” – 1Kor 15:14

As Christus nie uit die dood opgestaan het nie, was hy net ‘n mens. Dalk ‘n uitsonderlike mens en ‘n uiterste mooi voorbeeld, maar steeds net ‘n mens. Dan was die dood nie oorwin nie en was die ewige dood steeds ons elkeen se voorland. Dan was Hy nie die Verlosser nie en was ons almal steeds verlore, mooi voorbeeld en al.As Christus nie opgestaan het nie, of net in my hart opgestaan het wanneer ek Hom navolg is my geloof tevergeefs!
Jesus Christus het werklik fisies uit die dood opgestaan!